|
In Graad 1 het jou kind geleer om tot by 34 somme te doen. In Graad 2 is die getalgebied 0 - 100, wat beteken jou kind moet somme kan doen waarvan die antwoord tot 100 kan wees (optelsomme).
Die volgende gaan hulle ook hierdie jaar leer:
- Tel vorentoe en agtertoe, in 2's, 5'e en 10'e tot by 200.
- Skryf en lees getalsimbole tot by 200.
- Skryf getalname (dis die woorde) tot by 100.
- Vergelyk breuke (halwes en kwarte), bv: weet dat halwe groter is kwart.
- Optelling en aftrekking van heelgetalle met 2 syfers (m.a.w tot en met 100)
- Vermenigvuldiging van 1-syfergetalle met 1-syfergetalle tot antwoord 50 (dis basies 1x - 5x tafels)
- Hoofreken tot antwoorde 20 (+, -, x)
- Getalle opbou en afbreek (tot 100)
- Verdubbel en halveer (tot 100)
Oor tyd leer hulle in Graad 2:
- Lees analoog en digitale horlosies in ure en minute
- Noem dae en maande in korrekte volgorde
- Sit gebeurtenisse in volgorde (dae, weke, maande en jare)
- Bereken tydsverloop met 'n horlosie in ure en minute en met 'n kalender in dae en maande.
Verder leer hulle ook van 2D vorms, patrone en data.
Let daarop dat hierdie nie noodwendig 'n volledige lysie is nie - gesels gerus met jou kind se onderwyser om uit te vind presies wat jou kind hierdie jaar gaan lees.
|
|
|
<< Back |
Add New Comment |