Ons almal leer op verskillende maniere. Jou leerstyl is bloot jou voorkeur manier van leer.
Visuele leerders leer deur dit wat hulle sien. Hulle moet sien as jy praat en sal nie so goed hoor as hulle nie jou gesig en liggaamstaal kan sien nie. Hulle verkies om voor in die klas te sit sodat daar nie versperrings in hulle sig is nie. Hulle leer in prentjies en onthou dit wat hulle gelees of gesien het baie beter as dit wat hulle hoor. Hierdie leerders neem graag notas terwyl hulle klas bywoon.
Ouditiewe leerders leer deur te luister. Hulle kan doodstil sit en luister in ‘n lesing (of in ‘n preek!) en hou daarvan om oor dinge te praat en te hoor wat ander te sê het. Hulle kan onderliggende dinge uit ‘n gesprek hoor deur te luister na volume, toonhoogte en intonasie. Geskrewe inligting het nie veel waarde vir hierdie tipe leerders nie. Dit is beter vir hierdie leerders om te hoor as om te lees.
Taktiese of Kinetiese leerders leer deur te beweeg, te doen en aan te raak. Hierdie leerders leer die beste as hulle “hands on” betrokke is en aktief die fisiese wêreld rondom hulle te verken. Hierdie leerders kan nie vir lank stil sit nie en moet aktiwiteite doen.




No comments