‘n Visuele leerder toon die volgende kenmerke:
- Dis makliker om iets te onthou as jy dit neergeskryf het.
- Jy visualiseer hoe jy in ‘n uitrusting gaan lyk voor jy besluit om dit aan te trek.
- Jy neem (volledige) notas tydens vergaderings, lesings en preke.
- Jy kan onthou hoe die bladsye lyk voor jy kan onthou wat daarop staan.
- Jy moet na iemand kyk terwyl hy/sy praat.
- Jy soek stilte rondom jou om jou boekwerk te doen.
- Jy teken ‘n prentjie (of ‘n grafiek) om ‘n som/probleem te verstaan.
- Jy kan nie eintlik grappies onthou nie.
- Jy memoriseer telefoonnommers deur te onthou hoe jy hulle intik op die sleutelbordjie.




No comments