‘n Taktiese/Kinestetiese leerder toon die volgende kenmerke:
- Wanneer jy ‘n projek kry, wil jy dadelik begin. Jy wil nie tyd mors aan beplanning nie.
- Wanneer jy ‘n ruskans van jou werk vat, verkies jy om op te staan en rond te beweeg.
- Jy kan op enige plek werk – jy het nie ‘n lessenaar nodig nie.
- Jy onthou ‘n kliënt se naam beter as jy haar hand geskud het.
- Jy verkies om met jou fiets werk toe te ry of om te loop eerder as om met die motor te ry.
- Jy dink beter as jy die dag begin het met ‘n lekker gim-sessie.
- Jy is meestal bewus van die temperatuur in jou kantoor.
- As jy iets soos ‘n gaatjiedrukker van jou lessenaar af optel, dwaal jou gedagtes na herinneringe wat iets met ‘n gaatjiedrukker te doen het.




No comments