Voorskoolse kinders en kinders in die Grondslagfase (Graad R – 3) moet hulle kleinspiertjies sterk maak sodat hulle makliker kan skryf. Hier is ‘n paar idees om daardie spiere te oefen:
- Speel met speelklei.
- Knip verskillende materiale: papier, karton, lap en watte.
- Skeur stukkies papier fyn – gebruik dit sommer om ‘n mooi prentjie te maak.
- Laat jou kind met ‘n stresbal speel.
- Kyk hoe vinnig jy met elke vinger aan jou duim kan raak.
- Knyp wasgoedpennetjies aan ‘n stuk karton (of ‘n wasgoedlyn) vas en haal weer af.
- Skeur blaaie uit ‘n boek en frommel dit in balletjies.
- Druk koppiespelde in ‘n aansteekbord vas en trek dit weer uit.
- Tel jou kind se voete op en laat hy kruiwa-loop.




No comments