Daar is 4 dingetjies wat ouers kan doen om hulle laerskoolkinders te help om beter te presteer:
Praat: Gesels met jou kind oor die skool. Vra elke dag uit hoe dit gegaan het. Gesels oor vriende, aktiwiteite, onderwysers en take.
Stel doelwitte: Help jou kind om spesifieke doelwitte te stel wat haalbaar is. Fokus op hierdie doelwitte een-vir-een.
Prys en aanmoediging: Fokus op jou kind se sterk punte en prys haar vir spesifieke prestasies.
Bemoedig: Wees daar vir jou kind as dit nie so goed gegaan het nie. Ondersteun jou kind wanneer hy sleg gedoen het in ‘n toets. Verseker jou kind dit was net ‘n toets en jou kind is NIE ‘n mislukking nie.




No comments