Wat is ‘n ouer se rol tydens huiswerksessies?
Wees ingelig: gesels met jou kind se onderwyser. Maak seker jy weet wat die doel van die huiswerk is en wat die klasreëls is.
Wees entoesiasties: praat positief oor die skool, oor skoolwerk en veral oor huiswerk.
Help jou kind om te beplan: leer hoe om tyd te bestuur. Identifiseer ‘n spesifieke tyd vir huiswerk. Moenie huiswerk uitstel tot wanneer daar laataand kans is nie. Begin betyds werk aan groot projekte – selfs oor naweke! Help jou kind om take op te deel in kleiner dele. Wees rustig soggens voor skool sodat jou kind rustig kan skooltoe!
Rig jou kind se studeerarea in: jou kind moet weet waar sy huiswerkplekkie is. Rus dit toe met papier, highligthers, linaal, potlode en ‘n woordeboek.
Moenie jou kind se huiswerk vir haar doen nie. As jy onseker is, gesels met die kind se onderwyser oor wat jou rol is.




No comments