Tuishulp Ouerskapwenke

Leerhulp in jou taal!

Graad R: My liggaam

Teen die tyd wat ‘n kind skool toe gaan, behoort hy die volgende te kan doen:

  • liggaamsdele benoem (wys na arm, been, oor, ens)
  • legkaarte van ‘n liggaam kan voltooi
  • ‘n prentjie kan teken van liggaamsdele in die regte plekke

Indien jou kind hiermee sukkel, help hom soos volg:

  • Leer die name van liggaamsdele (wys daarna, leer met liedjies en rympies en doen bewegings).
  • Speel speletjies: Raak met jou toon aan die deur of druk jou vinger in jou neus.
  • Laat jou kind ‘n boetie/sussie/maatjie op ‘n groot vel papier aftrek (buitelyne).  Gesels nou een vir een oor die liggaamsdele.  As julle oor die arm praat, laat hy aan sy eie arm vat.  Soek prente van arms en plak dit op die groot arm.

 

posted by Tuishulp Admin in Aktiwiteite,Graad 1 - 3,Leerprobleme,Voorskools and have No Comments

Graad 7 EBW

Wat gaan jou kind in Graad 7 EBW leer?

·die behoeftes en begeertes van verskillende gemeenskappe in die samelewing;

·vrye en ekonomiese goedere en die invloed van vraag en aanbod;

·magsverhoudings, regte en verantwoordelikhede van verskillende deelnemers aan die ekonomiese siklus;

·verskillende sakebedrywighede binne die verskillende sektore;

-identifisering van stappe vir die regstelling van sosio-ekonomiese wanbalanse en armoede;

·spaar en beleggings;

·die rol van algemene bestuur in sakeonderneings;

·verskillende benaderings tot bestuur en leierskap;

·die beskikbaarheid van pos- en telekommunikasiedienste en die rol daarvan in die verbetering van administrasie;

·die gebruik van inligtingstegnologie in bestuur en administrasie;

·elementêre staat van netto waarde;

·prosesse van menslike hulpbronbestuur;

·die ontwerp van vraelyste in marknavorsing en reklame;

·die eienskappe van entrepreneurs;

·die verskil tussen entrepreneurskap, eienaarskap en bestuur.

 

posted by Tuishulp Admin in Kurrikulum,Laerskool and have No Comments

Graad 6 EBW

Wat gaan jou kind in Graad 6 EBW leer?

·die vergelyking van regte en verantwoordelikhede van huishouding, sakeonder-nemings en die staat in die ekonomiese siklus – die vloei van geld, produksiefaktore en goedere en dienste;

·die impak van die produksie van goedere en dienste op die samelewing;

·die uitwerking van verskillende soorte belasting op verbruikers en sakeonder-nemings;

·lewensstandaard en verbruikspatrone in moderne samelewing;

·heropbou en ontwikkeling in die regstelling van ongelykhede;

·die verband tussen leierskap en bestuur en hoe die produksieproses bestuur word;

·skuld, bankprosdedure, spaarfasiliteite;

·die doel en gebruik van bemarkingsamestelling in ‘n sakebedrywigheid en die promosie van produkte deur ‘n reklameveldtog;

·sakegeleenthede, skoolkoöperasies, basiese sakeplan en “SWOT”-ontleding;

·die uitwerking van persoonlike sterk punte en swakhede wanneer iemand ‘n entrepreneur word.

 

posted by Tuishulp Admin in Kurrikulum,Laerskool and have No Comments

Graad 5 EBW

Wat gaan jou kind in Graad 5 EBW leer?

·verskillende vlakke van behoeftes en hoe daarin voorsien word;

·lewenstandaard en verbruikspatrone in selfversorgende en moderne same-lewings;

·staatsbetrokkenheid by die ekonomie deur direkte en indirekte belasting;

·die verband tussen verskillende omgewings (die maatskaplike, politieke, natuurlike en ekonomiese omgewing);

·die impak van apartheidsbeleidsrigtings op mense se lewens, eienaarskap, groei en ontwikkeling en stape deur die regering om historiese wanbalans reg te stel;

·bestuurs- en leiersrolle in die huis en by die skool;

·die bestuur van sakeondernemings deur plaaslike handelaars;

·die spaar van geld, spaarsaamheid en die praktiese gebruik van ‘n spaarrekening by verskillende spaarinstellings;

·elementêre begrotings, oorbesteding, die maak en voorkoming van skuld;

·die identifisering van vernuwende sake-idees om in die behoefte aan goedere en dienste in die gemeenskap te voorsien en om inkomste te skep (bv. koöperasies en leningsverenigings);

·entrepreneursvaardighede, bemarkingsamestelling en toerisme.

 

posted by Tuishulp Admin in Kurrikulum,Laerskool and have No Comments

Graad 4 EBW

Wat gaan jou kind in Graad 4 EBW leer?

  • die belangrikheid en gebruik van produksiefaktore deur huishoudings in die lewering van goedere en dienste;
  • huishoudings as verbruikers, produsente en verskaffers van produksiefaktore;
  • die rol van formele en informele sakeondernemings in die samelewing;
  • verskille in die lewenstandaard van moderne en selfversorgende ekonomieë;
  • die ekonomiese impak van die ontdekking van minerale in SA;
  • verskillende soorte ekonomiese sektore en ondernemings;
  • elemente van bestuur in ‘n klasprojek;
  • die belangrikheid daarvan om geld te spaar en van ‘n persoonlike begroting;
  • entrepreneurseienskappe, -vaardighede, -optrede, en -praktyk.

 

posted by Tuishulp Admin in Assessering,Kurrikulum,Laerskool and have No Comments

Hindernisse in die pad van kreatiwiteit

Die volgende faktore kan jou kind se kreatiwiteit demp:

  • onsekerheid
  • eise van perfeksionisme
  • te hoë, onrealistiese verwagtings
  • onvermoë om die probleem te verstaan
  • onvoldoende kennis
  • vasklou aan bestaande en bekende reëls en metodes
  • vrees vir foute
  • geforseerde gesag
  • omstandighede wat spontane, individuele pogings ontken
posted by Tuishulp Admin in Algemeen,Kreatiwiteit and have No Comments

Kreatiwiteit

Hoe lyk ‘n kreatiewe persoon?

‘n Kreatiewe persoon:

  • sien ‘n probleem as ‘n uitdaging
  • volhard tot ‘n probleem opgelos is
  • is nuuskierig
  • maak sy eie oordele
  • het ‘n wye belangstelling
  • is inskiklik, aanpasbaar en oorspronklik
  • kan gewoonlik sy woord goed doen
  • kan idees genereer
  • hou van komplekse take
  • bou ‘n idee verder uit en rond dit af deur besonderhede by te voeg
  • is ambisieus
  • is prestasie-georiënteerd
  • is dominerend en weet wat hy wil hê
  • is emosioneel volwasse
  • is selfvoorsienend
  • is waaghalsig
  • vra graag vrae
  • worstel met ‘n probleem tot ‘n oplossing gevind is en bou dan verder aan die oplossing
  • is energiek
  • kan onafhanklik werk
  • hou nie daarvan om te kyk hoe ander werk nie en wil self deelneem

 

posted by Tuishulp Admin in Algemeen,Gedrag,Graad 1 - 3,Hoërskool,Kreatiwiteit,Laerskool,Selfbeeld and have No Comments

Kry jou houding reg!

Die ideaal sou wees as kinders se houding teenoor die lewe, skoolwerk en tuiswerk positief was.  As jou kind negatief is, sal hy nie belangstel om te leer nie en kan dit sy skoolwerk negatief beïnvloed.

Hoekom is die regte houding so belangrik?

  • ‘n Kind met ‘n positiewe houding sal makliker kan aanpas by die veranderde omstandighede in die klaskamer.
  • As jou kind negatief is, gaan hy dit waaroor hy negatief is, vermy.
  • ‘n Positiewe kind is ‘n betrokke kind.  Dit geld vir akademiese werk, asook vir naskoolse bedrywighede.
  • Jou kind se houding beïnvloed sy selfbeeld.  As hy nie van Wiskunde hou nie en negatief is oor Wiskunde, sal hy kort voor lank glo hy kan nie Wiskunde doen nie!

Hoe kan ek my kind help om die regte houding te ontwikkel?

  • Hoe meer inligting jou kind oor ‘n onderwerp het, hoe groter is die kans dat hy positief daaroor sal wees.  Wend ‘n poging aan om te verduidelik hoekom ‘n bepaalde vak belangrik is.  As jy kan, neem jou kind na werksplekke waar hy ‘n spesifieke vak gaan nodig hê.
  • Opmerkings wat jy by die huis maak, het ‘n groot invloed op jou kind se menings.  As jy dinge kwytraak soos:  “Ons De Waals kon nog nooit Wiskunde doen nie!” of “Hierdie treurige onderwysers wat deesdae vir julle skoolgee…”, sal jou kind sy gevoelens en houding op jou opmerkings grond.
  • Jou kind volg jou voorbeeld.  As jy gereeld lees en studeer, sal jou kind ook daarna streef.  ‘n Wyse moeder het eenmaal vir my gesê dat dit vir haar belangrik is dat haar kinders moet sien hoe sy ook leer.  Sy maak ‘n punt daarvan om gereeld selfstudie oor sekere onderwerpe te doen.  Sy sit met ‘n pen en ‘n notaboek by ‘n tafel en leer!
  • Beloon jou kind as hy die regte houding openbaar.  Moedig hom aan.  Wees trots op hom, al het hy nie so goed gedoen soos jy wou hê nie.  Elke stukkie sukses wat hy beleef, maak hom meer positief!
  • As jou kind met ‘n sekere skoolvak sukkel, doen moeite dat hy hulp kry.  Vra ‘n onderwyser om vir hom te verduidelik of neem hom vir ekstra klasse.
  • Identifiseer ‘n positiewe rolmodel.  As jou kind kan opkyk na iemand met respek en bewondering, sal hy ook graag soos daardie persoon wil wees.
posted by Tuishulp Admin in Algemeen,Dissipline,Gedrag,Graad 1 - 3,Hoërskool,Laerskool,Leerprobleme,Selfbeeld,Studiewenke and have No Comments

Taal en prestasie

Jou kind het taal nodig om te presteer.  Met ‘n beperkte woordeskat en taalgebruiksvermoë gaan hy nie toetse en eksamens na behore kan voltooi nie.

Vermy die volgende as jy met jou kind praat:

  • Kort, eenvoudige sinne.
  • Herhaalde gebruik van eenvoudige voegvoorde ( en, so, want, maar).
  • Omvermoë om ‘n tema uit te brei.
  • Beperkte gebruik van bywoorde en byvoeglike naamwoorde.
  • Verbeeldinglose en onkreatiewe taalgebruik.
  • Onvermoë om abstrakte denke in taal om te sit.
  • Onvoltooide stellings en kommentaar.
  • Gebruik van nikseggende frases soos “Jy weet?” en “Jy sien?”

Bou aan jou kind se taalvermoë deur die volgende te doen:

  • Gebruik komplekse sinskonstruksies.
  • Gebruik ‘n wye verskeidenheid voegwoorde.
  • Gebruik voorsetsels korrek.
  • Gebruik baie byvoeglike naamwoorde en bywoorde in kreatiewe taal.
  • Maak voltooide, afgeronde en eksplisiete stellings en kommentaar.

Bron: Opvoedende Leer, De Wet en kie.

posted by Tuishulp Admin in Algemeen,Eksamen,Graad 1 - 3,Hoërskool,Laerskool,Leerprobleme,Lees,Luistervaardighede,Selfbeeld,Studiewenke and have No Comments

Hiperaktiwiteit

Hiperaktiwiteit word geklassifiseer as onvolwasse gedrag, aangesien die kind nie sy gedrag kan beheer nie.  Kinders wat hiperaktief is, het nie noodwendig leerprobleme nie.

Daar is hoofsaaklik 4 tipes hiperaktiwiteit en deur te bepaal hoekom jou kind hiperaktief is, kan die hantering daarvan vergemaklik.

  1. Genetiese oorsake – die kind is reeds van geboorte af hiperaktief.
  2. Gedragshiperaktiwiteit word veroorsaak deur hoe ouers ‘n kind hanteer.  Dit gaan nie oor “verkeerde” hantering nie, maar eerder oor ‘n botsing in persoonlikheid tussen ouer en kind.
  3. Minimale breindisfunksie – kind is hiperaktief a.g.v. probleme tydens geboorte of ander gebeurtenisse.
  4. Reaktiewe hiperaktiwiteit word veroorsaak deur faktore in die omgewing, bv. huislike omstandighede.

Vir die doel van hierdie artikel fokus ons op hiperaktiwiteit wat veroorsaak word deur gedrag van die ouer en reaksie op omgewingsfaktore.

  • Aangesien hiperaktiwiteit gesien word as onvolwasse gedrag, is emosionele ontwikkeling ‘n belangrike aspek by die hantering van hiperaktiwiteit.  In die eerste plek moet jy fokus op die kind se selfbeeld en daaraan bou.  Die kind moet besef dat hy nie ‘n mislukking is nie en dat hy nie angstig hoef te raak nie.
  • As ouer moet jy fokus op beloning.  Beloon jou kind as hy reg optree of as hy die nodige aandag gee tydens tuiswerksessies.
  • Leer jou kind om selfbeheer toe te pas.
  • Leer jou kind probleemoplossingstrategieë.  As hy ‘n som moet doen wat hy nie verstaan nie, gee hom ‘n paar stappe wat hy gestruktureerd kan volg om die probleem op te los.
  • Voorsien die kind van grense en ‘n streng roetine waarbinne hy kan funksioneer.  Dit beteken daar moet duidelik reëls wees.
  • Verwyder enige onnodige steurnisse uit die omgewing.
  • Tree ten alle tye as ‘n rolmodel vir jou kind op.
posted by Tuishulp Admin in Algemeen and have No Comments