Betrek jou kind!
By tuishulp on Jan 18, 2012 | In Eetgewoontes, Inligting | Send feedback »
Kinders is baie slim! Hulle pas ook vinnig aan by veranderinge. Net so maklik leer hulle 'n gewoonte aan. Betrek jou kind by die kosvoorbereiding sodat hy kan voel hy is in beheer van sy eetgewoontes.
- Leer jou kind dat 'n mens moet kyk na wat jy eet. Verduidelik dat sekere kossoorte meer energie gee en dat mens jou energie-inname moet beheer volgens dit wat jy nodig het.
- Leer jou kind dat kos daar is om jou gesond te hou. Kos is nie daar om jou te troos of beter te laat voel nie.
- Moenie te veel lekkergoed uitdeel nie!
- Betrek jou kind met die beplanning van wat geëet gaan word.
- Laat jou kind help om skoolkos in te sit.
- Verduidelik dat daar in elke kosblik vrugte en groente moet wees en laat jou kind kies tussen twee soorte.
- Betrek jou kind met kosvoorbereiding vir aandete. Kinders sal makliker kossies eet wat hulle self gemaak het.
- Sorg vir 'n verskeidenheid op die spyskaart!
Oulike webwerf met baie leesstof!
By tuishulp on Jan 18, 2012 | In Eetgewoontes, Eetplanne, Oefening, Inligting, Selfbeeld, Groeikaarte | Send feedback »
Gesinsvriendelike eetgewoontes
By tuishulp on Jan 17, 2012 | In Eetgewoontes | Send feedback »
- Probeer om ten minste een ete op 'n dag as 'n gesin saam te eet.
- Dek die tafel en sit by 'n tafel (en nie voor die TV nie), wanneer julle eet.
- Laat jou kind jou help om kos voor te berei.
- Betrek jou kind by die keuse van wat geëet word.
- Skakel die TV af wanneer julle eet.
- Beperk die inname van nagereg en soetgoed.
- Stel tye vas vir versnaperinge en ontmoedig jou kinders om kort-kort tussenin te eet.
- Moenie jou kinders toelaat om ontbyt oor te slaan nie.
- Beperk die inname van vrugtesappe en gaskoeldranke.
- Moenie jou kind met kos beloon nie.
- Stel 'n goeie voorbeeld deur self gesond te eet.
- Word meer aktief: besluit om geleidelik meer tyd aan aktiwiteite te spandeer.
- Doen gesinsaktiwiteite, soos fietsry, stap of swem.
- As jy geskenke vir jou kinders koop, probeer iets kry wat hulle meer aktief gaan maak.
Wenke vir gesonder eet
By tuishulp on Jan 16, 2012 | In Eetgewoontes, Eetplanne, Inligting | Send feedback »
Sonder om regtig jou kind op dieët te sit, kan jy die volgende wenke toepas vir 'n gesonder leefstyl:
- Eet net 'n klein bietjie minder met elke maaltyd.
- Smeer die helfde minder botter op elke snytjie brood.
- Drink gegeurde water in plaas van gaskoeldrank.
- Eet hoë-veselkosse.
- Vermy geprosesseerde kosse, soos verwerkte vleis.
- Wees slim met die olies en vette! Gebruik eerder olyfolie, Canola olie, neute, sade en vet vissoorte (fatty fish).
- Verwyder die vel van hoender.
- Kies maer vleis.
- Kyk na hoeveel jou kind inskep. Gee vir haar 'n kleiner bordjie en skep meer groente en slaai in.
- Wees versigtig met wat jou kind drink.
- Moet nooit jou kind toelaat om ontbyt oor te slaan nie.
- Al is dit moeilik, probeer om nie al die kalorieë in die aand in te neem nie.